RETIRE@MIDSTREAM ROLBALKLUB ERFENIS DAG 24 SEPTEMBER 2019

By | Events | No Comments
Op 24 September het die Retire@Midstream Rolbalklub ‘n spesiale rolbaldag ter viering van Erfenisdag gehad.

Die dag het bewolk en koud begin, maar die son het spoedig uitgekom en is heerlike rolbal gespeel!

Die onderliggende kompetisies was deurgaans styf.

Aan die einde van die dag is ‘n prysuitdeling gehou en elke speler het ‘n prys ontvang alhoewel almal saamgestem het dat Rolbal die grootste
wenner was.

Die dag is afgesluit met ‘n baie gesellige braai en kuier op die stoep.  Dankie aan almal wat die dag ‘n reuse sukses gemaak het!
Helene Wessels