Rolbal Liga 2019

By May 13, 2019Events

Midstream Rolbal

Geluk aan die Midstream Rolbalklub se liga spanne wat vanjaar ‘n suksesvolle seisoen agter die rug het.  Die Rolbalklub is nou goed gevestig in die Bowls Gauteng Noord (BGN) rolbal gemeenskap.  Behalwe deelname aan verskeie BGN mans en dames, seniors en ope kompetisies is dit veral deelname aan die jaarlikse BGN dames/mans liga kompetisie wat vir groot geesdrif in die klub sorg.

Vanjaar het 20 lede, 12 mans en 8 dames, aan die BGN liga, deelgeneem.  Beide die dames en  twee mans spanne het 2de in hulle onderskeie ligas geeindig.

Die bestuur van die Klub bedank al die liga spelers, insluitende lede wat as reserwes opgetree het, vir hul toegewyde deelname en positiewe wyse waarop hul ons Klub verteenwoordig het.

 

Leave a Reply