Op Donderdag 24 Oktober 2019 het 63 lede van die R@M Rolbalklub die klub se algemene jaarvergadering bygewoon
Danie du Preez is weer onbestrede as President van die klub verkies en rapporteer dat die klub steeds besig is om vinnig te groei. Lidmaatskap staan tans op 104 wat 52 mans en 52 dames insluit. Daar is ook 12 spelers wat oor dubbelle lidmaatskap beskik, totale lidmaatskap dus 116.
Geluk aan bestaande en nuwe lede van die Klub bestuur.
Kennis word spesifiek geneem van die uittrede van die sekretaresse, Marie Sieberhagen wat groot werk vir die klub tydens haar tydperk op die komitee gedoen het. Sy is as persoon van jaar aangewys en spesiaal uitgesonder vir haar rol in die vorige klub-bestuur.
Eddy Niezen is ook uitgesonder vir die professionele hantering van die klub se finansies.