Mandela Dag Fondsinsameling

By October 21, 2020Events

Na ‘n vreeslike lang Covid19 inperking, is ons weer terug op die baan met ons jaarlikse Mandela dag fondsinsameling. Die insameling word jaarliks gedoen, en dan skenk ons klub die fondse aan ‘n behoefdigde instansie. Dit is maar die klub se manier om terug te gee aan die gemeenskap.  Ons doen dit met baie groot liefde, en met ons klein bydrae jaarliks hoop ons dat ons ‘n verskil kan maak in ons gemeenskap, al is dit hoe klein.

 

Die dag skop af met ‘n splunternuwe formaat van “2 bal trips” spanne is getrek en ons speel 6 koppe somme vinnige met ‘n punte stelsel wat almal laat kopkrap, jy dink nog jy wen die wedstryd dan verloor jy hom met die punte wat toegeken word met al die “touchers”, Voor jy weet is die 6 koppe verby, en so moet wenners teen wenners in die volgende ronde speel om ‘n algehele wen span te bepaal na 4 wedstryde van 6 koppe.

Baie geluk aan Riaan, Marie S en Malie wat die dag as algehele wenners gekroon is.

Ons maak volgende jaar weer so. Dankie julle dit was heerlik.

Ook groot dankie aan Koos Richards en Esme Penderis was hard gewerk het om die punte te bepaal. Julle moes ook maar lekker kophou. Julle is staatmakers.

 

Mandala Dag Fondsinsameling

Die Trips Wenners, Riaan/Malie/Marie

Leave a Reply