VALENTYNSDAG 14 FEBRUARIE 2019

By | Events | No Comments

Op 14 Februarie 2019 het meer as 50 rolbalspelers en gaste, aangetrek met ‘n rooi-motief, Valentynsdag hier by ons Rolbalklub in Midstream met ‘n lekker makietie gevier.

 

 

Terwyl ‘n welkome reen buite uitgesak het, het ons binneshuis op die sintetiese baan gespeel.

 

 

Vir middagete het mede-klublid, Riaan du Randt, self ‘n professionele spysenier, almal verras met ‘n smaaklike ligte middag ete.

 

 

Dankie aan al die deelnemers, organiseerders en veral Riaan vir die spyseniering.

 

 

CANSA FUNDRAISING EVENT

By | Events, Uncategorized | No Comments
On 22 January 2019 R@M Bowls Club participated in a successful fundraiser for cancer.
56 Club members participated filling up the outside green to capacity.

 

The initiative is part of an annual Bowls SA project.  An amount of R4 800 has been raised by R@M Bowls Club and donated for this cause.

Members provided more than enough to eat and also creatively adhered to the recommendation that pink should be prominent in clothing for the day.
Everybody agreed that it was a most enjoyable day for a good cause.
Thanks to all!!

Hansie Meyer in Memoriam

By | News | No Comments

Dit is met groot hartseer dat Retire @ Midstream Rolbalklub op 3 Januarie 2019 permanent afskeid geneem het van Hansie Meyer

Met die tema “n groot boom het geval” het ‘n stampvol kerk met familie en vriende van Hansie afskeid geneem.

As huldeblyk aan ‘n spesiale mens het meer as 40 mede rolbalspelers na die diens ‘n erewag binne en buite die kerk gevorm.


Hansie se lidmaatskap en deelname aan die rolbalklub is ook “verewig” met ‘n informele seremonie wat op Saterdag 12 Januarie by die rolbal-klubhuis plaasgevind het. Tydens hierdie geleentheid is Hansie se “tab” deur sy dogter, Lizette Wessels, op die “In Memoriam”-bord in die klubhuis aangebring.

 

BOWLING GREEN FACELIFT

By | News | No Comments
It is that time of the year that the Midstream Bowling Club is at its quietest, providing the opportunity to close down outside play for important maintenance work.  This year the outside bowling green is not only being scarified, but also leveled with silica sand to ensure that all unevenness is being taken care of. In order to accommodate Bowlers during this time play continuous twice a day on the inside synthetic green  on normal bowling days.

 

JAAREINDFUNKSIE 22 NOVEMBER 2018

By | News | No Comments

Tydens ‘n emosionele seromonie by die Jaareindfunksie plaas Rita Kraukamp weduwee van wyle Frikkie Kraukamp, Frikkie se tab vir oulaas op die bord waar dit permanent in die klubhuis sal hang.

Ken Penderis en Esme Penderis onderskeidelik wenners van die mans en dames enkels.  Beide het ook ‘n groot rol in die suksesvolle funksionering van die klub gespeel.

Ken is in algemene stemming aangewys as persoonlikheid van die jaar.

 

Wenners van die gemengde pare: Koos Richards en Sienie Keyzer

Wenners van die dames pare:  Marlouw Botha en Esme Penderis

Mans pare wenners:  Riaan du Randt en Ken Penderis

Wenners van die “Trips”: Eddy Niezen, Gerhard van der Westhuizen en Helecine Zeeman.

Dries van der Merwe oorhandig ‘n muurhorlosie aan Gerhard van der Westhuizen

By | News | No Comments

R@M Bowls het op 5 Mei ‘n heerlike braai gehou.

By die geleentheid het Dries van der Merwe (die vorige President van die klub), ‘n muurhorlosie aan die huidige President , Gerhard van der Westhuizen, oorhandig. Die horlosie is aangebring teen die buitemuur van die klubhuis en kan van enige plek op die buiteperk gesien word. Baie dankie Dries!! Dit was ‘n uitstekende gedagte en sal die klub altyd herinner aan jou onbaatsugtige diens aan die klub.
Die klub het oor die laaste ses maande sterk gegroei vanaf 54 na 80 lede. Verlede Saterdag was die rekord gebreek vir ‘n sosiale spel toe 37 mense opgedaag het om te kom deelneem