Category

Blog

Sienie se Wyse Raad

By | Blog | No Comments

So terloops kan die volgende raad sommer so ongemerk en ongesiens aangegee word.
Sorg altyd dat jy ’n paar anysbeskuite, (drie of vier) in jou rolbal tas hou, so vir die wis en onwis.
Daar is bewerings gemaak dat anyssaad in beskuit al baie huwelike gered het en ’n tweede wittebrood herleef het.
Die deeg en anys kombinasie het ’n roerende uitwerking op die mens se hormoon stelsel.
Die veglus verdwyn sommer na die eerste happie en ’n lomerige, liefdevolle houding tree in…dis dan wanneer jy toesak en die oorhand kry oor jou opponent en die tel bord skuif dadelik oor in jou guns.
Die beste tyd om die beskuit uit te deel is halftyd, natuurlik ongemerk en sonder kommentaar.
Bewaar asseblief hierdie geheim en moenie dat dit uitlek nie…

Groetnis en geniet elke oomblik met elke rol.