Mandela Dag Fondsinsameling

By | Events | No Comments

Na ‘n vreeslike lang Covid19 inperking, is ons weer terug op die baan met ons jaarlikse Mandela dag fondsinsameling. Die insameling word jaarliks gedoen, en dan skenk ons klub die fondse aan ‘n behoefdigde instansie. Dit is maar die klub se manier om terug te gee aan die gemeenskap.  Ons doen dit met baie groot liefde, en met ons klein bydrae jaarliks hoop ons dat ons ‘n verskil kan maak in ons gemeenskap, al is dit hoe klein.

 

Die dag skop af met ‘n splunternuwe formaat van “2 bal trips” spanne is getrek en ons speel 6 koppe somme vinnige met ‘n punte stelsel wat almal laat kopkrap, jy dink nog jy wen die wedstryd dan verloor jy hom met die punte wat toegeken word met al die “touchers”, Voor jy weet is die 6 koppe verby, en so moet wenners teen wenners in die volgende ronde speel om ‘n algehele wen span te bepaal na 4 wedstryde van 6 koppe.

Baie geluk aan Riaan, Marie S en Malie wat die dag as algehele wenners gekroon is.

Ons maak volgende jaar weer so. Dankie julle dit was heerlik.

Ook groot dankie aan Koos Richards en Esme Penderis was hard gewerk het om die punte te bepaal. Julle moes ook maar lekker kophou. Julle is staatmakers.

 

Mandala Dag Fondsinsameling

Die Trips Wenners, Riaan/Malie/Marie

Cansa Dag 2020

By | Events | No Comments

CANSA 2020 was groot pret. Ons het lekker gelag terwyl ons uit ons normale posisies gespeel het, die “Skips”  het “Lead” gespeel, die “Leads” het Skip gespeel, of 3rde of 2de. Dit was met tye so deurmekaar dat die wat 3de gespeel het nie geweet het wanneer daar gestap of gemeet moet word nie, so besef ons, dat ons eintelik in ons eie posisies hoort.

Die dag was ‘n groot sukses, Ons het besoek van Cansa gehad en ook ‘n dankie aan Sanette van BGN wat kom kuier het om te sien hoe lag die Midstreamers op ‘n dag soos die.

Ons verjaarsdag lede van Februarie het gesorg vir lekker eetgoed, en dit het behoorlik soos ‘n fees gelyk met teetyd. Dankie julle, dit was heerlik, en julle moet lekker verjaar.

Ons maak volgende jaar weer so.

 

Ere-Lidmaatskap: Dries Van Der Merwe

By | News | No Comments

Tydens die klub se “afskopfunksie” het die klub sy eerste Erelidmaatskap toegeken aan Dries Van Der Merwe. Dries het ‘n ongelooflike bydrae gelewer tot die klub se ontwikkeling en groei. Ons kon nie aan enigeiemand meer geskik dink om die “eerste”erelid toekenning  toe te ken nie.

Erelidmaatskap toegeken aan Dries Van Der Merwe

Afskopfunksie 2020

By | Events | No Comments

Nog ‘n eerste vir R@M Rolbal Klub. Nadat ons jaareindfunksie wat in Desember 2019 uitgereen het, is daar besluit dat ons 2020 sal afskop met ‘n lekker begin in Januarie, en so ontstaan ons Afskopfunksie.  Ons Afskopfunksie word so goed ondersteun, dat ons letterlik uit parkeerplek gehardloop het, soos daar op die foto’s gesien kan word. Dit was ‘n reuse sukses. Ons het die jaarlikse “trips” kompetisie gehad, wat noodgedwonge in 4’e verander het as gevolg van die ongelooflike belangstelling om die funksie by te woon. Gedurende die funksie het ons die 2019 presteerders toegeken met hulle trofees.

Die klub het ook nog ‘n eerste gehad, en dit was die aankondiging van ons eerste Ere-Lid. Die ere-lidmaatskap is toegeken aan Dries Van Der Merwe, wat ‘n ongelooflike bydrae tot die klub se ontwikkeling gehad het. Ons het dit dus goedgedink om so met die ere-lidmaatskap ons dank te betoon aan Dries vir sy bydrae tot ons klub se sukses storie.

Marie Sieberhagen het die persoon van die jaar toekenning gekry, vir ‘n bydrae wat sy gelewer het in 2019. Sy het baie hard gewerk, en het alles met ongelooflike oorgawe gedoen. Baie geluk Marie, jy is ‘n staatmaker, en ons is gelukkig om sulke toegewyde lede in ons klub te he.

Ken Penderis is bedank vir sy bydrae tot die klub se perk. Ons is baie bevoorreg om Ken as ons “Green Keeper” of in mooi afrikaans ons Perk Meester te he. ‘n Meester is hy belus. Ons kon regtig nie vir beter gevra het nie. Die tyd  en liefde wat hy by die klub se perk insit, is niks anders as ‘n passie nie. Hy verdien baie meer as die dankie en die klein geskenkie wat oorhandig is. Baie dankie Ken, meer kan ons nie se nie.

Ons Uitblinkers tydens ons kompetisies was soos volg, en hulle het onderskeidelik hulle trofees ontvang in erkenning tot hulle goeie rolbal in 2019

Novice Mans – Gert Botha,

Novice Dames – Helene Wessels

Mans Enkels: Koos Richards

Dames Enkels: Esme Penderis

Mans 101: Gerhard Brink

Dames 101: Esme Penderis

Mans Pare: Koos Richards en Quartus Botha

Dames Pare: Esme Penderis en Sandra Rothmann

Gemengde Pare: Eddy Niezen en Louie Weber

Trips/4’e Wenners: Ken Penderis, Quartus Botha, Lizzie J V Rensburg en Ida V D Merwe

 

.

Mans Pare wenners: Koos Richards en Quartus Botha

Dames Novice Wenner – Helene Wessels

 

Mans 101 Wenner – Gerhard Brink

Mans Enkels Wenner – Koos Richards

 

Gemenge Pare wenners – Eddy Niezen en Louie Weber

Dames Pare wenners – Sandra Rothmann en Esme Penderis

Spesiale dank aan Ken vir uitstekendde werk met die Perk

Dames Enkels wenner – Esme Penderis

Dames 101 wenner – Esme Penderis

 

Trips/4″e wenners – Lizzie, Ida, Ken en Quartus

Persoon van die jaar: Marie Sieberhagen

Ken , (persoon van die jaar 2019), Oorhandig toekenning aan Marie, wenner van die 2020 Persoon van die jaar

R @ M ROLBAL ALGEMENE JAARVERGADERING

By | Events | No Comments
Op Donderdag 24 Oktober 2019 het 63 lede van die R@M Rolbalklub die klub se algemene jaarvergadering bygewoon

Danie du Preez is weer onbestrede as President van die klub verkies en rapporteer dat die klub steeds besig is om vinnig te groei. Lidmaatskap staan tans op 104 wat 52 mans en 52 dames insluit.  Daar is ook 12 spelers wat oor dubbelle lidmaatskap beskik, totale lidmaatskap dus 116.

Geluk aan bestaande en nuwe lede van die Klub bestuur.

 

Kennis word spesifiek geneem van die uittrede van die sekretaresse, Marie Sieberhagen wat groot werk vir die klub tydens haar tydperk op die komitee gedoen het.  Sy is as persoon van jaar aangewys en spesiaal uitgesonder vir haar rol in die vorige klub-bestuur.

 

Eddy Niezen is ook uitgesonder vir die professionele hantering van die klub se finansies.

 

‘ n Ander hoogtepunt wat tydens die vergadering uitgewys is, is die puik toestand van die klub se rolbalbane.  Ken Penderis en die klub se tuinier, Silas het daarvoor gesorg dat die perk hoog aangeskryf word in die BGN streek en is Ken op die BGN Perke aangewys om van die perke in die streek te gradeer

Laastens is dit ook gerapporteer dat die eienaarskap van die rolbalklub in die proses is om van die Ontwikkellaar(Bondev) na die Huis Eienaarsvereniging te verskuif.

RETIRE@MIDSTREAM ROLBALKLUB ERFENIS DAG 24 SEPTEMBER 2019

By | Events | No Comments
Op 24 September het die Retire@Midstream Rolbalklub ‘n spesiale rolbaldag ter viering van Erfenisdag gehad.

Die dag het bewolk en koud begin, maar die son het spoedig uitgekom en is heerlike rolbal gespeel!

Die onderliggende kompetisies was deurgaans styf.

Aan die einde van die dag is ‘n prysuitdeling gehou en elke speler het ‘n prys ontvang alhoewel almal saamgestem het dat Rolbal die grootste
wenner was.

Die dag is afgesluit met ‘n baie gesellige braai en kuier op die stoep.  Dankie aan almal wat die dag ‘n reuse sukses gemaak het!
Helene Wessels

BORGDAG 30 AUGUSTUS 2019

By | Events | No Comments

R@M Rolbalklub Borgdag

Die R@M Rolbalklub het op 30 Augustus ‘n suksesvolle borgdag aangebied

56 Spelers vanaf buite klubs in Gauteng Noord het die buitebaan gevul en spel van hoe gehalte gespeel.  Baie positiewe terugvoer is van deelnemers ontvang en is die klub en organiseerders geluk gewens met die wyse waarop die dag bestuur is.   Geluk aan die wenners, ‘n span van Centurion, wat met die louere weg gestap het.

 

 

 

Met bydraes vir pryse van borge, (onder andere PSG, Warwick, 3% Com, Spar Kwekery) en lede het spanne ernstig gekompeteer en is rolbal van goeie gehalte gespeel.

Dank is ook uitgespreek teenoor al die Klub lede wat betrokke was by spyseniering, die kroeg,  algemene reelings en administrasie.  Dit was voorwaar ‘n groot spanpoging.

 

VROUEDAG 9 AUGUSTUS 2019

By | Events | No Comments

“When you strike a woman you strike a rock” 9 Augustus 1956

Over gesegd syne:

“If you call a woman to play bowls, she comes with lots of eatings” 9 Augustus 2019

9 Augustus 2019 was ‘n pretdag. Tientalle vrouens het opgedaag, met borde heerlike eetgoed. Ons tema was: Huis, Paleis, Pondok en die vrouens het ook volgens die tema aangetrek en die tafels was ook só gedek.

Helecine se tafel was HUIS. Keurig gedek. Dit het gelyk soos ‘n skildery uit die middel-eeue.

Sienie se tafel was PALEIS. Haar tafel was bedek met ‘n persiesetapyt en ryk Vinisiëseglas het glans verleen, wat gepas het by ‘n paleis.

Marthie se tafel was PONDOK. ‘n Kartondoos het haar tafel bedek en daar kon sy haar droë brood breek en haar dop deel met haar mede pondok-bewoners.

Aan elke een wat die dag, ‘n dag gemaak het, om te onthou, dankie.

Marthie van Straten

 

FUN DAY 29 MAY 2019

By | Events | No Comments

Fun Day at Retire at Midstream Bowling Club

A big thank you to Ken and Esme Penderis and helpers for organizing a fun Bowls day on Wednesday 29 May 2019.  The outside green was filled to near capacity with 42 players. A format of play was introduced that has not been experienced here at Midstream Bowling Club before.  Bowlers were not allowed to indicate their preferred positions and had to play in the positions they were drawn.  A total of three games of eight ends were played.  After each game new team mates and positions were drawn.  That meant that players could play in positions they had never played before.  After the first 2 games were played a light lunch was served.  The fun day was ended with a last game of 8 ends and an informal price giving ceremony.  Everybody enjoyed the fun day and agreed that it was good fun.

LEKKERBREEK 2019

By | Events | No Comments

Midstreamers besoek Lekkerbreek.

In ideale weersomstandighede het ‘n groep Midstream rolbalspelers  vanaf 12 tot 16 Mei 2019 die Lekkerbreek rolbal vakansie oord besoek.  Daar is van die kamp fasiliteite asook vakansie kamers gebruik gemaak.

Lekkerbreek personeel het vir die oggend en middag spyseniering gesorg terwyl rolbalspelers self vir die aand etes verantwoordelik was.   Lekkerbreek word bedank vir hul goeie diens en almal beaam dat die etes van die hoogste gehalte was.  Daar was lekker gekuier en lekker gelag.

Oorgenoeg rolbal is gespeel.  Elke oggend om 0900 is ‘n sessie van 16 koppe gespeel waarna daar tot om 14:30  gebreek is.  ‘n Volgende sessie van 16 koppe is ingepas voor die aand se gesellige samesyn. Die span het op die laaste dag, na ‘n lekker “brunch” en ‘n prysuitdeling,  opgepak en huiswaarts gekeer.

Almal was dit eens dat dit ‘n uiters suksesvolle uitstappie was en het die organiseerders onder leiding van Charmaine Bultman bedank vir hulle reelings.   ‘n Bespreking vir volgende jaar is sommer daar en dan gemaak en kan Midstreamers wat belang stel solank 10 Mei 2020 dagboek vir ‘n volgende  besoek aan Lekkerbreek.