Tydens die klub se “afskopfunksie” het die klub sy eerste Erelidmaatskap toegeken aan Dries Van Der Merwe. Dries het ‘n ongelooflike bydrae gelewer tot die klub se ontwikkeling en groei. Ons kon nie aan enigeiemand meer geskik dink om die “eerste”erelid toekenning toe te ken nie.
Nog ‘n eerste vir R@M Rolbal Klub. Nadat ons jaareindfunksie wat in Desember 2019 uitgereen het, is daar besluit dat ons 2020 sal afskop met ‘n lekker begin in Januarie, en so ontstaan ons Afskopfunksie. Ons Afskopfunksie word so goed ondersteun, dat ons letterlik uit parkeerplek gehardloop het, soos daar op die foto’s gesien kan word. Dit was ‘n reuse sukses. Ons het die jaarlikse “trips” kompetisie gehad, wat noodgedwonge in 4’e verander het as gevolg van die ongelooflike belangstelling om die funksie by te woon. Gedurende die funksie het ons die 2019 presteerders toegeken met hulle trofees.
Die klub het ook nog ‘n eerste gehad, en dit was die aankondiging van ons eerste Ere-Lid. Die ere-lidmaatskap is toegeken aan Dries Van Der Merwe, wat ‘n ongelooflike bydrae tot die klub se ontwikkeling gehad het. Ons het dit dus goedgedink om so met die ere-lidmaatskap ons dank te betoon aan Dries vir sy bydrae tot ons klub se sukses storie.
Marie Sieberhagen het die persoon van die jaar toekenning gekry, vir ‘n bydrae wat sy gelewer het in 2019. Sy het baie hard gewerk, en het alles met ongelooflike oorgawe gedoen. Baie geluk Marie, jy is ‘n staatmaker, en ons is gelukkig om sulke toegewyde lede in ons klub te he.
Ken Penderis is bedank vir sy bydrae tot die klub se perk. Ons is baie bevoorreg om Ken as ons “Green Keeper” of in mooi afrikaans ons Perk Meester te he. ‘n Meester is hy belus. Ons kon regtig nie vir beter gevra het nie. Die tyd en liefde wat hy by die klub se perk insit, is niks anders as ‘n passie nie. Hy verdien baie meer as die dankie en die klein geskenkie wat oorhandig is. Baie dankie Ken, meer kan ons nie se nie.
Ons Uitblinkers tydens ons kompetisies was soos volg, en hulle het onderskeidelik hulle trofees ontvang in erkenning tot hulle goeie rolbal in 2019
Novice Mans – Gert Botha,
Novice Dames – Helene Wessels
Mans Enkels: Koos Richards
Dames Enkels: Esme Penderis
Mans 101: Gerhard Brink
Dames 101: Esme Penderis
Mans Pare: Koos Richards en Quartus Botha
Dames Pare: Esme Penderis en Sandra Rothmann
Gemengde Pare: Eddy Niezen en Louie Weber
Trips/4’e Wenners: Ken Penderis, Quartus Botha, Lizzie J V Rensburg en Ida V D Merwe
.